Open Access Week

October 23 - 29, 2023 | Everywhere

Tema van die 2019 International Open Access Week is: Oop vir wie? Gelyke toegang tot oop kennis

Die 2019 Open Access Week Adviserende Komitee is opgewonde om die tema vir International Open Access Week 2019 - geskeduleer vir 21-27 Oktober 2019 - aan te kondig: Oop vir wie? Gelyke toegang tot oop kennis.

In die oorgang tot `n sisteem waar kennis gedeel word wat oop is by verstek, word die vraag ‘Oop vir Wie’ baie belangrik – om oop toegang te oorweeg, maar ook oor hoe om oop toegang te bewerkstellig.  Wie se belange word bevorder wanneer oop toegang aktiwiteite en platforms ondersteun word? Word minderheidsgroepe geken en is hulle deel van gesprekvoering vanaf die begin? Sluit ondersteuning van oop toegang ook in gelyke deelname in navorsingskommunikasie? Hierdie vrae bepaal die mate waartoe die opkomende oop navorsingstelsels die ongelykhede in die huidige sisteem sal moet aanspreek.

Die tema vir 2019 bou op die fondasie wat gelê is in 2018: ‘Die ontwerp van ‘n gelyke grondslag tot oop kennis’. Die 2018 tema het die belangrikheid van `n sentrale verbintenis tot gelykheid uitgelig terwyl daar na ‘n nuwe sisteem van gelykheid beweeg word. Die tempo tot hierdie verbintenis het versnel tydens die laaste twaalf maande. As gevolg hiervan het die komitee besluit dit is belangrik om weer in 2019 op gelykheid te fokus – om inklusiewe gesprekvoering te verdiep en om tot aksie oor te gaan.

Ons bevind onsself midde `n kritieke tyd. Individuele en gesamenlike besluite wat ons nou neem gaan ons toekoms vir baie jare vorentoe fundamenteel beïnvloed. Net soos oop by verstek die norm moet word, moet belanghebbendes in diepte dink oor die ontwerp van hierdie nuwe oop sisteme. Dit sal verseker dat die oop sisteme inklusief en billik bly, terwyl dit wêreldwyd gemeenskappe bevoordeel.

Die vraag ‘Oop vir wie?’ verseker dat ons en ons vennote die oorwegings van gelykheid sentraal in hierdie tydperk van oorgang is, en sal bly.

SPARC en vennote in die studente gemeenskap het International Open Access Week in 2008 gestig. Hierdie week is `n geleentheid om tot aksie oor te gaan en oop navorsing die norm te maak; om die sigbaarheid van navorsingskundigheid te verhoog, navorsingsuitkomste te versnel, wat dan tot deurbrake kan lei en lewens kan verbeter. Open Access Week vind vanaf 21 tot 27 Oktober plaas. Enigiemand wat gebeure rondom die week organiseer word aangemoedig om enige tyd, regdeur die jaar, die tema aan te wend om gelyke toegang tot oop kennis te bevorder.

Wêreldwye ondersteuning ten opsigte van Open Access Week speel weereens ‘n groot rol ter ondersteuning van die 2019 tema. Strategieë en strukture ter ondersteuning van oop kennis moet deur en rondom die gemeenskappe wat hulle dien, mede-ontwerp word. Dit is veral van toepassing op gemeenskappe wat baie gemarginaliseer of heeltemal uitgesluit voel van hierdie gesprekke.

International Open Access Week is ‘n belangrike geleentheid om nuwe gesprekke te kataliseer, nuwe verbintenisse tussen gemeenskappe te vorm, en die proses om gelyke toegang tot stelsels te bewerkstellig, te versnel. Gesprekke en aksies moet regdeur die jaar, jaar in en jaar uit plaasvind. Diversiteit, gelykheid en insluiting moet regdeur die jaar geprioritiseer word en geintigreer word in die struktuur van die oop gemeenskap vanaf die bou van die infrakstruktuur tot die organisering van aktiwiteite.

Vir meer inligting oor International Open Access Week, besoek gerus www.openaccessweek.org. Die amptelike Twitter hutsteken vir die week is #OAWeek. Almal word aangemoedig om regdeur die jaar gesprekke te voer oor die tema, en om die hutsteken #OpenForWhom te gebruik.

Vertalings van hierdie aankondiging kan by www.openaccessweek.org gevind word. As jy belangstel om `n vertaling tot vanjaar se tema by te dra, kan jy instruksies hier vind.

Grafika vir hierdie jaar se Open Access Week tema is hier beskikbaar:  http://www.openaccessweek.org/page/graphics

###

Meer oor SPARC

SPARC®, die Scholarly Publishing and Academic Resources Coalition, is `n wêreldwye koalisie verbind om ‘oop’ die norm te maak vir navorsing en onderwys. SPARC bemagtig mense om belangrike probleme op te los en om nuwe ontdekkings te maak deur die aanvaarding van beleide en praktyke wat Open Access, Open Data en Open Education bevorder. Meer inligting beskikbaar by www.sparcopen.org.

Meer oor International Open Access Week

International Open Access Week is `n wêreldwye, gemeenskapsgedrewe week gevul met aktiwiteite om navorsing oop te maak. Die gebeurtenis word deur individue, instellings en organisasies reg oor die wêreld gevier. Die organisering van hierdie week word deur `n wêreldwye adviserende komitee behartig. Die amptelike hutsteken vir hierdie week is #OAweek.

Views: 619

Comment

You need to be a member of Open Access Week to add comments!

Organized by:

in partnership with our
Advisory Committee

Twitter Feed

All content subject to a Creative Commons Attribution 4.0 License unless specified differently by poster.   Created by Nick Shockey.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service